Joshua 21:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die kinders van Israel het deur die lot aan die Leviete hierdie stede met hulle weiveld gegee, soos die HERE deur die diens van Moses beveel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Israeliete het gemaak soos die Here vir Moses gesê het en hierdie dorpe met hulle weivelde vir die Leviete gegee volgens loting.
Afrikaans 1933/1953 So het dan die kinders van Israel aan die Leviete hierdie stede met hulle weiveld deur die lot gegee, soos die HERE deur die diens van Moses beveel het.
Afrikaans 1983 Die Israeliete het die stede met weivelde aan die Leviete toegeken deur loting, soos die Here deur Moses beveel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Israeliete het aan die Leviete hierdie dorpe en hulle meentgrond afgestaan deur die lot, soos die Here by monde van Moses beveel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het lootjies getrek om die stede saam met hulle weivelde vir die Leviete te gee. Die Here het vir Moses gestuur om dit te sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Israeliete het op grond van die Here se opdrag aan Moses hierdie stede met hulle weiding vir die Leviete gegee.