Joshua 21:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Gerson het deur die lot uit die geslagte van die stam van Issaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en uit die halwe stam van Manasse in Basan, dertien stede gehad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het deur loting vir die Gersongroep dertien dorpe in die gebiede van die families van die stamme Issaskar, Aser, Naftali en die halwe stam van Manasse in Basan gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die kinders van Gerson, uit die geslagte van die stam van Issaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van N ftali en uit die halwe stam van Manasse in Basan, deur die lot, dertien stede; |
| Afrikaans 1983 | Vir die Gersongroep is dertien stede geloot in die gebiede van die families in die stam Issaskar, die stamgebied van Aser en Naftali en dié van die halwe Manassestam in Basan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | vir die nageslag van Gerson is daar uit die stamgebiede van Issaskar, Aser en Naftali en die halwe stam van Manasse in Basan se familiegroepe dertien dorpe deur die lot toegeken; en |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het vir die Gerson-familie 13 stede gegee in die lande van die stamme Issaskar, Aser, Naftali en die halwe Manasse-stam wat in Basan woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Gersongroep het dertien stede gekry uit gedeeltes van Issaskar, Naftali en die ander helfte van die Manassestam se grondgebied. |