Joshua 21:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het aan Israel die hele land gegee wat Hy met 'n eed beloof het om aan hulle vaders te gee; en hulle het dit in besit geneem en daarin gewoon.
Afrikaans (NLV) 2011 So het die Here vir Israel die hele land gegee wat Hy met ’n eed aan hulle voorouers beloof het. Hulle het die land ingeneem en hulle daar gevestig.
Afrikaans 1933/1953 So het die HERE dan die hele land aan Israel gegee wat Hy hulle vaders met 'n eed beloof het om hulle te gee; en hulle het dit in besit geneem en daarin gaan woon.
Afrikaans 1983 Die Here het aan Israel die hele land gegee wat Hy met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het. Hulle het dit in besit geneem en daar gaan woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het aan Israel die hele land gegee wat Hy beloof het om aan hulle voorvaders te gee. Hulle het dit in besit geneem en daar gaan woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir die Israeliete die land gegee wat Hy vir hulle voorvaders belowe het. Die Israeliete het die land gevat en hulle het daar gaan woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So het Israel uiteindelik die hele land wat die Here aan hulle voorvaders beloof het in besit geneem en in die verskillende dele wat aan hulle toegeken is, gaan bly.