Joshua 21:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al die stede van die Leviete in die besit van die kinders van Israel was agt en veertig stede met hulle weiveld. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In totaal is daar dus 48 dorpe met hulle weivelde in die gebied van die ander Israeliete vir die Leviete geloot. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al die stede van die Leviete, tussen die besitting van die kinders van Israel in, was agt en veertig stede met hulle weiveld. |
| Afrikaans 1983 | Die Leviete het altesaam ag en veertig stede met weivelde gehad in die woongebied van die Israeliete. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Levitiese dorpe binne die erfgrond van die Israeliete was altesaam agt-en-veertig dorpe met hulle meentgrond. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Leviete het almal saam 48 stede van die Israeliete gekry, saam met die weivelde by die stede. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [41-42] Uiteindelik het die Leviete 48 stede met hulle weiding besit uit die totaal van wat aan die Israeliete behoort het. |