Joshua 21:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die lot het uitgekom vir die geslagte van die Kehatiete; en die kinders van die priester Aäron, wat uit die Leviete was, het deur die lot uit die stam van Juda en uit die stam van Símeon en uit die stam van Benjamin, dertien stede.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het met die lot beslis om vir die Kehatgroep dertien dorpe te gee. Hulle was uit die nageslag van die priester Aäron. Hierdie dorpe was in die gebiede van Juda, Simeon en Benjamin.
Afrikaans 1933/1953 Die lot het uitgekom vir die geslagte van die Kehatiete; en die kinders van Aäron, die priester, uit die Leviete, het ontvang uit die stam van Juda en uit die stam van S¡meon en uit die stam van Benjamin, deur die lot, dertien stede;
Afrikaans 1983 Daar is vir die Kehatgroep geloot, en aan hierdie Leviete uit die geslag van die priester Aäron is dertien stede toegeken in die stamgebied van Juda, Simeon en Benjamin.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die uitkoms van die lot vir die familiegroepe van Kehat was soos volg: Vir die nageslag van Aäron, die priester uit die Leviete, is daar uit die stamgebiede van Juda, Simeon en Benjamin dertien dorpe deur die lot toegeken;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het lootjies getrek, en die Kehat-familie het hulle grond gekry. Hulle het vir die priesters van die nageslag van die priester Aäron 13 stede gegee in die lande van die stamme Juda, Simeon en Benjamin.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die eerste familiegroep wat blyplek gekry het, was die afstammelinge van die priester Aäron, wat lede was van die Kehatgroep uit die stam van Levi. Hulle het altesaam dertien stede gekry uit die gebiede van Juda, Simeon en Benjamin.