Joshua 21:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En aan die geslagte van die kinders van Merári, die res van die Leviete, uit die stam van Sébulon, Jokneam met sy weiveld, en Karta met sy weiveld,
Afrikaans (NLV) 2011 Aan die res van die Levitiese families, dit is die Merarigroep, is in die gebied van Sebulon Jokneam, Karta,
Afrikaans 1933/1953 En aan die geslagte van die kinders van Mer ri, die Leviete wat nog oor was -- uit die stam van S,bulon: Jokneam met sy weiveld, Karta met sy weiveld,
Afrikaans 1983 Aan die Levitiese families wat oorgebly het, dié in die Merarigroep, is in die stamgebied van Sebulon toegeken: Jokneam, Karta,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vir die familiegroepe van Merari se nageslag, die res van die Leviete, was daar uit die stamgebied van Sebulon: Jokneam met sy meentgrond, Karta met sy meentgrond,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die ander Leviete, die Merari-familie, het van die Sebulon-stam hierdie stede gekry: Jokneam, Kartan,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aan die res van die Levietefamilies, dié in die Merarigroep, is vier stede elk met hulle weivelde uit die gebiede van Sebulon, Ruben en Gad toegeken. Uit die gebied van Sebulon was dit: Jokneam, Karta,