Joshua 21:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En uit die stam van Náftali, Kedes in Galiléa met sy weiveld, om 'n vrystad te wees vir 'n doodslag; en Hammotdor met sy weiveld, en Kartan met sy weiveld; drie stede. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In Naftali se gebied is die asielstad Kedes in Galilea, Gammot-Dor en Kartan met hulle weivelde vir hulle gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | En uit die stam van N ftali, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Kedes in Galil,a met sy weiveld, en Hammot-Dor met sy weiveld, en Kartan met sy weiveld: drie stede; |
| Afrikaans 1983 | en in die stamgebied van Naftali die asielstad Kedes in Galilea, en Gammot-Dor en Kartan, dié drie stede elkeen met sy weiveld. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Uit die stamgebied van Naftali was dit Kedes in Galilea, die asielstad vir dié wat doodslag begaan het, met sy meentgrond, Gammot-Dor met sy meentgrond en Kartan met sy meentgrond – drie dorpe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Van die Naftali-stam het hulle hierdie stede gekry: die asielstad Kedes in Galilea en die stede Gammot-Dor en Kartan, saam met die weivelde by die stede. Dit was drie stede. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en uit die gebied van Naftali drie stede met hulle weivelde: die toevlugstad Kedes in Galilea, Gammot-Dor en Kartan. |