Joshua 21:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En aan die kinders van Gerson, uit die geslagte van die Leviete, uit die ander halwe stam van Manasse het hulle Golan in Basan met sy weiveld gegee as 'n vrystad vir 'n doodslag; en Beestera met sy weiveld; twee stede. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Gersongroep van die Leviete het in die gebied van die ander helfte van die Manassestam die toevlugsoord Golan in Basan en Astarot met hulle weivelde gekry. |
| Afrikaans 1933/1953 | En aan die kinders van Gerson uit die geslagte van die Leviete: uit die halwe stam van Manasse, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Golan in Basan met sy weiveld, en Beëst,ra met sy weiveld: twee stede. |
| Afrikaans 1983 | Aan die Levitiese families in die Gersongroep is in die gebied van die ander helfte van die Manassestam toegeken: die asielstad Golan in Basan, en Astarot, dié twee stede elkeen met sy weiveld; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Uit die een helfte van die stamgebied van Manasse was daar vir die nageslag van Gerson uit die Levitiese familiegroepe, Golan in Basan, die asielstad vir dié wat doodslag begaan het, met sy meentgrond, en Astarot met sy meentgrond – twee dorpe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Leviete in die Gerson-familie het van die halwe Manasse-stam in die land Basan die asielstad Golan en die stad Astarot gekry, saam met die weivelde by die stede. Dit was twee stede. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Uit die gebied van die ander helfte van die Manassestam is die twee stede Golan in Basan, wat een van die toevlugstede was, en Astarot saam met hulle weivelde aan die Levitiese families in die Gersongroep toegeken. |