Joshua 21:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die geslagte van die kinders van Kehat, die Leviete wat oorgebly het van die kinders van Kehat, hulle het die stede van hulle lot gehad uit die stam van Efraim. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die gebied van Efraim is vir die res van die Kehatgroep, wat uit die nageslag van Levi kom, deur die lot toegewys: |
| Afrikaans 1933/1953 | En die geslagte van die kinders van Kehat, die Leviete, wat nog oor was van die kinders van Kehat, het hulle stede wat deur die lot aangewys was, ontvang uit die stam van Efraim; |
| Afrikaans 1983 | Vir die Levitiese families in die res van die Kehatgroep is eerstens stede geloot in die stamgebied van Efraim. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir die familiegroepe van die nageslag van Kehat, die res van die Leviete uit die nageslag van Kehat, was die dorpe wat deur die lot aangewys is uit die stamgebied van Efraim, die volgende: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het lootjies getrek, en die ander Leviete in die Kehat-familie het hulle grond gekry. Hulle het van die Efraim-stam hierdie stede gekry: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Levietefamilies in die res van die Kehatgroep het vier stede met hulle weivelde uit die gebied van Efraim gekry. |