Joshua 21:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het aan hulle die stad van Arba, die vader van Enak, gegee, dit is Hebron, in die gebergte van Juda, met sy weiveld daar rondom.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het Kirjat-Arba (dit is Hebron) gekry in die heuwels van Juda, met sy weivelde rondom. Arba was ’n voorsaat van die Enakiete.
Afrikaans 1933/1953 en aan hulle is gegee: die stad van Arba, die vader van Anok, dit is Hebron, op die gebergte van Juda, met sy weiveld daaromheen;
Afrikaans 1983 Aan hulle is eerstens Kirjat-Arba toegeken, dit is Hebron in die Judaberge met sy weivelde rondom. Arba was die voorvader van die Enakiete.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het aan hulle Kirjat-Arba afgestaan in die bergland van Juda, met sy meentgrond rondom. Dit is Hebron. Arba was die voorvader van Enak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) het hulle grond gekry. Hulle het vir hierdie Leviete gegee die stad Kirjat-Arba in die Juda-berge, die stad en sy weivelde. Kirjat-Arba se ander naam was Hebron. Arba was die voorvader van die Enak-mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kirjat-Arba of Hebron in die berggebiede van Juda met al die weivelde daar rondom. Die dorp is vernoem na Arba, die voorvader van die Enakiete.