Joshua 20:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit was die stede wat bestem is vir al die kinders van Israel en vir die vreemdeling wat onder hulle vertoef, sodat elkeen wat iemand onverhoeds doodmaak daarheen kan vlug en nie deur die hand van die bloedwreker sterf nie, totdat hy voor die vergadering gestaan het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie was die stede waarheen die Israeliete en die vreemdelinge tussen hulle kon vlug. Enigeen wat ’n ander onopsetlik doodgemaak het, kon na een van hierdie stede vlug vir beskerming teen die wraak van ’n familielid. Daar kon hy verhoor word.
Afrikaans 1933/1953 Dit is die stede wat bepaal was vir al die kinders van Israel en vir die vreemdeling wat onder hulle vertoef; sodat elkeen wat per ongeluk 'n mens doodgeslaan het, daarheen sou kan vlug en nie hoef te sterf deur die hand van die bloedwreker voordat hy voor die vergadering gestaan het nie.
Afrikaans 1983 Dit was die stede waarop ooreengekom is. Enige Israeliet, of enige vreemdeling tussen die Israeliete, wat onopsetlik die dood van 'n ander veroorsaak het, kon na so 'n asielstad toe vlug sodat hy nie deur 'n bloedverwant van die oorledene doodgemaak word sonder dat hy deur 'n vergadering verhoor is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit was die stede waaroor daar ooreengekom is vir al die Israeliete en vir die •vreemdelinge wat tydelike verblyf tussen hulle het, om heen te vlug, elkeen wat sonder opset 'n lewe geneem het, sodat hy nie sal sterf deur die hand van die bloedwreker voordat hy voor die volksvergadering verskyn het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was die stede wat hulle gekies het. 'n Israeliet en 'n vreemdeling wat tussen die Israeliete woon, kon na 'n asielstad vlug wanneer hy 'n persoon doodgemaak het, maar hy wou dit nie doen nie, dit was 'n ongeluk. Dan kon die naaste familielid van die persoon wat dood is, hom nie doodmaak voordat die volksvergadering besluit het of hy skuldig is of nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit was die toevlugstede wat aangewys is vir die Israeliete, asook enige uitlanders wat saam met hulle in die land gebly het. Enigeen wat iemand per ongeluk doodgemaak het, kon daar gaan skuil vir beskerming teen die familie van die persoon wat doodgemaak is. Hulle kon daar bly terwyl hulle op ’n openbare verhoor gewag het.