Joshua 20:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En aan die oorkant van die Jordaan by Jerigo na die ooste het hulle Beser in die woestyn op die vlakte aangewys uit die stam van Ruben, en Ramot in Gílead uit die stam van Gad, en Golan in Basan uit die stam van Manasse.
Afrikaans (NLV) 2011 Aan die oorkant van die Jordaan, oos van Jerigo, is Beser in die woestyn op die plato van die stamgebied van Ruben, Ramot in Gilead in die stamgebied van Gad, en Golan in Basan in die stamgebied van Manasse aangewys.
Afrikaans 1933/1953 en oorkant die Jordaan, oos van J,rigo, het hulle afgestaan: Beser in die woestyn op die gelykveld, uit die stam van Ruben, en Ramot in G¡lead, uit die stam van Gad, en Golan in Basan uit die stam van Manasse.
Afrikaans 1983 Oos van die Jerigo-Jordaan is Beser in die woestyn op die hoogvlakte in die stamgebied van Ruben, Ramot in Gilead in die stamgebied van Gad, en Golan in Basan in die stamgebied van Manasse afgestaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Oorkant die Jordaan, oos van Jerigo, het hulle afgestaan: Beser in die woestyn, op die plato van die stam van Ruben se grondgebied; Ramot in Gilead, uit die stamgebied van Gad; en Golan in Basan, uit die stamgebied van Manasse.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Oorkant die Jordaan-rivier oos van die stad Jerigo in die woestyn het hulle hierdie stede gewy: Beser op die Hoëveld van die Ruben-stam, Ramot in Gilead op die grond van die Gad-stam, en Golan in Basan, op die grond van die Manasse-stam.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aan die oostekant van die Jordaan, regoor Jerigo, is die volgende stede aangewys: Beser in die woestyngedeelte van die gebied van Ruben, Ramot in Gilead in die gebied van Gad, en Golan in Basan in die gebied van Manasse.