Joshua 20:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het Kedes in Galilea op die berg Naftali aangestel, en Sigem op die gebergte van Efraim, en Kirjatarba, dit is Hebron, op die gebergte van Juda. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volgende plekke is as toevlugstede aangewys: Kedes in Galilea tussen die heuwels van Naftali, Sigem in die heuwels van Efraim, en Kirjat-Arba (dit is Hebron) tussen die heuwels van Juda. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het hulle geheilig: Kedes in Galil,a, op die gebergte van N ftali, en Sigem op die gebergte van Efraim, en Kirjat-Arba, dit is Hebron, op die gebergte van Juda; |
| Afrikaans 1983 | Kedes in Galilea op die Naftaliberge, Sigem in die Efraimsberge, en Kirjat-Arba, dit is Hebron, in die Judaberge is toe afgesonder. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het toe die volgende dorpe afgesonder: Kedes, in Galilea in die bergland van Naftali; Sigem, in die heuwelland van Efraim; en Kirjat-Arba, dit is Hebron, in die bergland van Juda. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het toe hierdie stede gewy: Kedes in Galilea in die Naftali-berge, Sigem in die Efraim-berge en Kirjat-Arba in die Juda-berge. Kirjat-Arba se ander naam was Hebron. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volgende stede is toe as vrystede aangewys: Kedes in Galilea wat op die berge van Naftali geleë is, Sigem op die berge van Efraim en Kirjat-Arba ook bekend as Hebron, op die berge van Juda. |