Joshua 20:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy moet in daardie stad woon totdat hy voor die vergadering staan vir oordeel en tot die dood van die hoëpriester wat in daardie dae sal wees, na die stad waaruit hy gevlug het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy moet in daardie stad bly totdat sy saak verhoor is en hy onskuldig bevind is. Daarna moet hy in die stad aanbly tot die huidige hoëpriester dood is. Die persoon mag dan teruggaan na die stad en sy huis van waar af hy gevlug het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en hy moet in daardie stad bly totdat hy voor die vergadering tereggestaan het, tot op die dood van die hoëpriester wat in die dae daar sal wees; dan mag hy wat die doodslag begaan het, weer na sy stad en sy huis terugkeer, na die stad waar hy vandaan gevlug het. |
| Afrikaans 1983 | Die vlugteling moet in die stad bly totdat hy voor die bevoegde vergadering tereggestaan het en totdat die hoëpriester van dié tyd dood is. Eers dan mag die persoon wat die dood veroorsaak het, vry teruggaan huis toe na die stad waar hy vandaan gevlug het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy moet in daardie stad bly totdat hy voor die volksvergadering verskyn het vir 'n beslissing, en daarna tot die dood van die hoëpriester wat in dié dae daar sal wees. Dan mag die een wat 'n lewe geneem het, terugkeer, teruggaan na sy dorp en sy huis, na die dorp waarvandaan hy gevlug het.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar hy moet in daardie stad bly totdat die volksvergadering kan besluit of hy skuldig is of nie. As hy nie skuldig is nie, dan moet hy daar bly totdat die hoëpriester van daardie tyd gesterf het. Daarna mag hy teruggaan na sy eie stad, na sy huis in die stad waar hy gewoon het voordat hy gevlug het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So ’n persoon moet in hierdie toevlugstad bly totdat hy in ’n openbare verhoor in die stad onskuldig verklaar is. Die persoon moet daarna in daardie stad bly totdat die hoëpriester van dié tyd dood is. Daarna mag die persoon as vry mens terugkeer huis toe.” |