Joshua 20:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En wanneer hy wat na een van daardie stede vlug, by die ingang van die stadspoort gaan staan en sy saak voor die ore van die oudstes van daardie stad aankondig, moet hulle hom in die stad vir hulle inneem en gee vir hom 'n plek, dat hy onder hulle kan woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Iemand wat na een van hierdie stede toe vlug, moet by die stadspoort aanmeld om sy saak aan die leiers van die stad te stel. Hulle moet hom in die stad toelaat en hom by hulle laat bly. |
| Afrikaans 1933/1953 | As hy dan na een van hierdie stede toe vlug en gaan staan by die ingang van die stadspoort en sy saak voor die ore van die oudstes van daardie stad meedeel, moet hulle hom by hulle in die stad opneem en aan hom plek gee, dat hy by hulle kan woon; |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer so iemand na een van dié stede toe vlug, moet hy by die ingang van die stadspoort gaan staan en sy saak stel aan die leiers van die stad. Hulle moet hom dan in die stad opneem en hom 'n woonplek by hulle gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Iemand kan dan na een van hierdie stede vlug, en by die ingang van die stadspoort gaan staan en sy saak stel ten aanhore van die oudstes van daardie stad. Hulle moet hom by hulle in die stad opneem en vir hom 'n plek gee, sodat hy by hulle kan woon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer so iemand vlug na een van hierdie asielstede, dan moet hy by die ingang van die stad se poort gaan staan en hy moet vir die leiers van die stad sê wat gebeur het. Hulle moet hom dan laat inkom in die stad en hulle moet vir hom 'n woonplek by hulle gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer iemand na so ’n stad toe vlug, moet hy eers by die leiers van die volk sy saak gaan stel. Hulle tree daar by die ingang van die stad as regters op. As hulle tevrede is, sal hulle die persoon toelaat om in die stad in te gaan en daar te gaan bly. |