Joshua 20:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sodat die moordenaar wat iemand onwetend en onwetend doodmaak, daarheen kan vlug; en hulle sal vir julle 'n toevlug wees teen die bloedwreker. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Iemand wat per ongeluk en sonder dat hy dit beplan het, iemand anders doodgemaak het, kan daarnatoe vlug. Dit sal vir hulle beskerming gee teen die wraak van ’n bloedverwant van die persoon wat dood is. |
| Afrikaans 1933/1953 | dat hy wat 'n doodslag begaan het -- wat per ongeluk, sonder opset, 'n mens doodgeslaan het, daarheen kan vlug, sodat die vir julle kan dien as toevlugsoord vanweë die bloedwreker. |
| Afrikaans 1983 | sodat iemand wat onopsetlik en sonder voorbedagte rade die dood van 'n ander veroorsaak het, daarheen kan vlug om aan die wraak van 'n bloedverwant van die oorledene te ontkom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat iemand wat 'n lewe geneem het, wat 'n persoon onopsetlik, sonder voorbedagte rade, doodgeslaan het, daarheen kan vlug. Dit sal vir julle 'n toevlugsoord wees teen bloedwrekers. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer iemand 'n ander persoon doodgemaak het, maar dit was 'n ongeluk, hy wou dit nie doen nie, dan mag hy na 'n asielstad vlug. Die naaste familielid van die persoon wat dood is, mag nie die man doodmaak wat na die asielstad gevlug het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die doel van hierdie stede is dat as iemand sonder opset iemand anders doodgemaak het, hulle daarheen kan vlug en daar beskerm kan word. Dan kan die familie van die persoon wat doodgemaak is, nie die ander persoon daar kom vang en doodmaak uit weerwraak nie. |