Joshua 19:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Uit die erfdeel van die kinders van Juda was die erfdeel van die kinders van Símeon; want die deel van die kinders van Juda was vir hulle te groot; daarom het die kinders van Símeon hul erfdeel in hul erfdeel gehad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het ’n deel van Juda se gebied gekry. Juda se grond was te groot vir hulle. So het die stam Simeon grond binne-in Juda se gebied ontvang. |
| Afrikaans 1933/1953 | Uit die aandeel van die kinders van Juda is die erfdeel van die kinders van S¡meon, omdat die deel van die kinders van Juda vir hulle te groot was; daarom het die kinders van S¡meon geërwe in die middel van hulle erfdeel. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het 'n deel van Juda se gebied gekry, want dié was vir Juda te groot. Die stam Simeon het dus eiendom binne-in dié van Juda ontvang. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die erfenis van die nageslag van Simeon is geneem uit die deel van die nageslag van Juda. Omdat die deel van die nageslag van Juda te groot vir hulle was, het die nageslag van Simeon 'n erfdeel ontvang binne hulle erfdeel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die stam het 'n deel van Juda se grond gekry, want die grond wat Juda gekry het, was te veel vir hulle. Die Simeon-stam het grond gekry binne-in die Juda-stam se grond. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Simeon het ’n deel van Juda se grondgebied gekry omdat die gebied wat aan Juda toegeken was, eintlik te groot was vir die aantal mense in dié stam. |