Joshua 19:51 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is die erfenisse wat die priester Eleásar en Josua, die seun van Nun, en die familiehoofde van die stamme van die kinders van Israel, deur die lot in Silo voor die aangesig van die HERE, by die ingang van die tabernakel, as 'n erfdeel verdeel het van die gemeente. Hulle het dus 'n einde gemaak om die land te verdeel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit was dan die gebiede wat die priester Eleasar en Josua seun van Nun saam met die familiehoofde aan die Israelitiese stamme toegeken het. Hulle het voor die Here by die ingang van die tabernakel in Silo geloot oor die verdeling van die land. So is die verdeling van die land afgehandel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is die erfdele wat Ele sar, die priester, en Josua, die seun van Nun, en die familiehoofde aan die stamme van die kinders van Israel as erfenis uitgedeel het deur die lot, in Silo, voor die aangesig van die HERE, by die ingang van die tent van samekoms; en hulle het die verdeling van die land beëindig. |
| Afrikaans 1983 | Dit was dan die woongebiede wat die priester Eleasar en Josua seun van Nun saam met die familiehoofde aan die Israelitiese stamme toegeken het. Hulle het die verdeling van die land afgehandel deur loting in Silo in die teenwoordigheid van die Here, by die ingang van die tent van ontmoeting. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit dan is die erfdele wat Eleasar, die priester, Josua, seun van Nun, en die familiehoofde, voor die Here, by die ingang van die •Tent van Ontmoeting in Silo, aan die stamme van die Israeliete deur loting toegewys het. So het hulle die verdeling van die land afgehandel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was al die grond wat die priester Eleasar en Josua seun van Nun en die familiehoofde vir die Israeliete gegee het. Hulle het lootjies getrek voor die Here in die stad Silo, by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So het die priester Eleasar en Josua die seun van Nun saam met die familiehoofde in Silo in die teenwoordigheid van die Here aan die Israeliete hulle woongebiede toegeken. Die verdeling van die land is toe afgehandel. |