Joshua 19:49 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe hulle klaar was met die verdeling van die land as erfdeel volgens hulle grondgebied, het die kinders van Israel 'n erfdeel aan Josua, die seun van Nun, onder hulle gegee.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat die Israeliete die land onder mekaar verdeel het, het hulle ook vir Josua, die seun van Nun, ’n stuk grond tussen hulle gegee.
Afrikaans 1933/1953 Toe hulle die land volgens sy grenslyne as erfenis geheel verdeel het, het die kinders van Israel aan Josua, die seun van Nun, 'n erfdeel onder hulle gegee;
Afrikaans 1983 Nadat die Israeliete die land in sy onderskeie gebiede aan die stamme toegewys het, het hulle aan Josua seun van Nun 'n eiendom tussen hulle toegeken.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hulle klaar was met die toewysing van die land volgens sy grense, het die Israeliete vir Josua, seun van Nun, 'n erfdeel tussen hulle gegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nadat die Israeliete klaar vir elke stam sy deel van die land gegee het, het hulle vir Josua ook 'n stuk grond tussen hulle gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nadat al die stamme van Israel hulle eie deel van die land gekry het, het hulle ook vir Josua die seun van Nun ’n stukkie land gegee waarop hy kon bly.