Joshua 19:47 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die gebied van die kinders van Dan het vir hulle te min uitgetrek; daarom het die kinders van Dan opgetrek om teen Lesem te veg en dit ingeneem en dit met die skerpte van die swaard verslaan en dit in besit geneem en daarin gaan woon en het Lesem Dan genoem na die naam van hulle vader Dan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan het egter sy gebied verloor. Hulle het toe opgetrek en Lesem aangeval en verower. Hulle het die inwoners doodgemaak, die stad ingeneem en daar gaan woon. Hulle het Lesem se naam verander en dit na hulle voorvader Dan vernoem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die kinders van Dan het hulle grondgebied kwytgeraak; daarom het die kinders van Dan opgetrek en teen Lesem geveg en dit ingeneem en verslaan met die skerpte van die swaard en dit in besit geneem en daarin gewoon; en hulle het Lesem Dan genoem na die naam van hulle vader Dan. |
| Afrikaans 1983 | Die stam Dan het sy gebied verloor en het toe vir Lesem aangeval en verower. Hulle het die inwoners doodgemaak, die stad beset en daar gaan woon. Hulle het Lesem die naam Dan gegee, na hulle voorvader Dan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die gebied van die nageslag van Dan het vir hulle verlore gegaan. Die nageslag van Dan het toe opgetrek en teen Lesem oorlog gevoer. Hulle het dit ingeneem, dit verslaan met die skerpte van die swaard en dit in besit geneem. Hulle het hulle daar gevestig, en Lesem toe Dan genoem na die naam van hulle voorvader Dan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Dan-stam het hulle grond verloor en hulle het toe die stad Lesem aangeval en oorwin. Hulle het die mense van die stad doodgemaak. Hulle het die stad vir hulleself gevat en hulle het daar gaan woon. Hulle het Lesem se naam verander, hulle het die stad “Dan” genoem, dit was soos hulle voorvader Dan se naam. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die mense van Dan van hulle grond af verdryf is, het hulle Lesem aangeval, die inwoners doodgemaak en die stad oorgeneem. Nadat hulle hulle daarin gevestig het, het hulle die stad se naam verander na Dan ter ere van hulle voorvader Dan. |