Joshua 19:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dan draai die kuslyn weswaarts na Asnot-Tabor en gaan daarvandaan uit na Hukkok, en loop tot by Sébulon, aan die suidekant, en strek tot by Aser, aan die westekant, en tot by Juda, aan die Jordaan, teen sonop.
Afrikaans (NLV) 2011 Die grens aan die westekant is van Asnot-Tabor dan na Gukok toe, teenaan die grens met Sebulon aan die suidekant verby en teenaan die grens met Aser aan die westekant verby tot teen die Jordaanrivier aan die oostekant.
Afrikaans 1933/1953 dan draai die lyn in westelike rigting na Asnot-Tabor en loop daarvandaan aan na Hukkok en raak in die suide aan S,bulon; en aan Aser raak dit in die weste, en aan Juda aan die Jordaan in die ooste;
Afrikaans 1983 Dan draai die grens wes na Asnot-Tabor toe en loop daarvandaan aan na Gukok toe, teen Sebulon aan die suidekant en teen Aser aan die westekant verby tot teen die Jordaan aan die oostekant.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die grens draai dan weswaarts na Asnot-Tabor, en vandaar strek dit verder na Gukok, en grens dan aan Sebulon in die suide en aan Aser in die weste, met die Jordaan aan die oostekant.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan draai die grens wes na die stad Asnot-Tabor en dit gaan van daar na die stad Gukok, en verder tot teen die Jordaan-rivier oos van die land Juda. Die grond van die Sebulon-stam is suid van die grond van die Naftali-stam, en die grond van die Aser-stam is wes van die grond van die Naftali-stam.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van daar af draai die grens wes na Asnot-Tabor toe en loop daarvandaan aan na Gukok toe, teen Sebulon aan die suidekant en teen Aser aan die westekant verby tot teen die Jordaan aan die oostekant.