Joshua 19:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dan draai die kuslyn na Rama en na die sterk stad Tirus; en die kuslyn draai na Hosa; en sy uitgange is by die see van die kus af tot by Agsib. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan draai die grens af na Rama toe en tot by die versterkte stad Tirus, dan verder na Gosa toe en die Middellandse See in die omgewing van Megebel, Aksib, |
| Afrikaans 1933/1953 | dan draai die lyn na Rama en tot by die vesting Tirus; dan draai die lyn na Hosa en loop dood by die see, van die landstreek af wat na Agsib toe lê; |
| Afrikaans 1983 | Dan loop die grens om na Rama toe en tot by die vestingstad Tirus, dan om na Gosa toe en loop dood teen die see in die omgewing van Aksib. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die grens draai dan na Rama en loop tot by die versterkte stad Tirus. Daarna draai die grens na Gosa, met sy verste punt by die see, in die omgewing van Agsib, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan gaan die grens na die stad Rama en tot by die stad Tirus wat sterk mure het, dan na die stad Gosa, en dan gaan dit tot teen die see naby die stad Aksib en |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan swaai die grens om na Rama toe en tot by die versterkte stad van Tirus, dan om na Gosa toe totdat dit doodloop teen die Middellandse See. Aksib, |