Joshua 19:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die derde lot het opgekom vir die kinders van Sébulon volgens hulle geslagte, en die grens van hulle erfdeel was tot by Sarid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die derde loting het die grond van die families van die stam Sebulon bepaal. Hulle grond het tot by Sarid gestrek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die derde lot het opgekom vir die kinders van S,bulon volgens hulle geslagte, en die lyn van hulle erfdeel was tot by Sarid. |
| Afrikaans 1983 | Die derde loting was vir die families in die stam Sebulon. Hulle grondgebied strek tot by Sarid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die derde lot is getrek vir die nageslag van Sebulon, vir hulle familiegroepe. Die grens van hulle erfdeel begin by Sarid. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Josua die derde lootjie trek, het die Sebulon-stam hulle grond gekry. Die grens van hulle grond was tot by die stad Sarid. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die derde stam aan wie ’n gedeelte van die grond toegeken is, was dié van Sebulon. Hulle gebied strek tot by Sarid. |