Joshua 19:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die tweede lot het vir Símeon uitgekom, vir die stam van die kinders van Símeon volgens hulle geslagte; en hulle erfdeel was binne die erfdeel van die kinders van Juda.
Afrikaans (NLV) 2011 Die tweede loting was vir die grond van die families van die stam Simeon. Hulle deel het binne die grond van Juda gelê.
Afrikaans 1933/1953 En die tweede lot het uitgekom vir S¡meon, vir die stam van die kinders van S¡meon volgens hulle geslagte; en hulle erfdeel was in die middel van die erfdeel van die kinders van Juda.
Afrikaans 1983 Die tweede loting was vir Simeon, vir die families in die stam Simeon. Hulle eiendom was binne-in dié van Juda.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die uitkoms van die tweede loting was vir Simeon, vir die stam van Simeon se nageslag, vir hulle familiegroepe. Hulle erfdeel was binne die erfdeel van die nageslag van Juda.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Josua weer lootjies trek, het die families in die Simeon-stam hulle grond gekry. Hulle grond was binne-in die grond van die Juda-stam.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die tweede stam aan wie ’n gedeelte van die grond toegeken is, was dié van Simeon. Hulle gebied het ’n deel van dié van Juda ingesluit en is eintlik deur Juda se gebied omring.