Joshua 18:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die manne het gegaan en deur die land getrek en dit volgens stede in sewe dele in 'n boek beskryf, en hulle het teruggekom na Josua na die leër in Silo.
Afrikaans (NLV) 2011 Die mans het vertrek en deur die land gegaan. Hulle het die dorpe volgens sewe streke in ’n boek opgeskryf. Hulle het toe teruggekom by Josua in die kamp by Silo.
Afrikaans 1933/1953 En die manne het gegaan en die land deurgetrek en dit in 'n boek beskrywe, volgens die stede, in sewe dele, en na Josua gekom in die laer van Silo.
Afrikaans 1983 Die manne is weg en het die land deurgegaan en in 'n boek 'n beskrywing van die sewe dele opgeteken, stad vir stad. Daarna is hulle terug na Josua toe in die kamp by Silo.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die manne het gegaan en die land deurkruis. Hulle het dit dorp vir dorp, volgens die sewe dele, in 'n •boekrol beskryf, en teruggekeer na Josua, na die kamp in Silo.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die manne het deur die land gegaan en hulle het die stede in die sewe dele opgeskryf in 'n boek, en daarna het hulle teruggekom na Josua toe in die kamp by die stad Silo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die groep is toe daar weg. Hulle het die gebied in sewe dele op hulle kaart verdeel en ook al die dorpe in elke gebied opgeskryf. Daarna is hulle terug na Josua toe in die kamp by Silo.