Joshua 18:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die manne het opgestaan en weggegaan; en Josua het die wat gegaan het om die land te beskrywe bevel gegee en gesê: Gaan trek deur die land en beskryf dit en kom terug na my toe, dat ek hier vir julle die lot kan werp voor die aangesig van die HERE in Silo.
Afrikaans (NLV) 2011 Die mans het toe reggemaak om te vertrek. Josua het vir die mans wat die verdeling van die land moes neerskryf, beveel: “Gaan deur die land, skryf alles neer, en kom terug na my toe dat ek vir julle met die lot hier voor die Here in Silo kan bepaal watter deel elke stam kry.”
Afrikaans 1933/1953 Die manne het toe klaargemaak en gegaan; en by hulle vertrek het Josua hulle bevel gegee om die land te beskrywe, met die woorde: Gaan heen, trek rond in die land en beskrywe dit, en kom na my terug; dan sal ek hier vir julle die lot werp voor die aangesig van die HERE in Silo.
Afrikaans 1983 Die manne het toe klaargemaak en vertrek. By hulle vertrek om 'n beskrywing van die land te maak, het Josua hulle beveel: “Gaan die land deur, maak 'n beskrywing daarvan en kom terug na my toe dat ek vir julle die loting hier in Silo in die teenwoordigheid van die Here kan doen.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die manne het toe gereedgemaak en vertrek. Josua het dié wat op pad was, opdrag gegee om die land te beskryf: “Gaan, beweeg rond deur die land, beskryf dit en kom terug na my. Dan sal ek hier in Silo vir julle die lot werp voor die Here. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die manne wat moes gaan opskryf waar die verskillende dele van die land is, het dadelik gegaan. Josua het vir hulle gesê: “Julle moet deur die land gaan en julle moet die plekke opskryf en dit vir my bring. Dan sal ek hier voor die Here in die stad Silo vir julle die lootjies trek.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die groep het hulle toe gereedgemaak om die land te gaan opmeet nadat Josua aan hulle die volgende opdragte gegee het: “Gaan die hele gebied deur en bepaal die grense noukeurig, kom dan terug hier na my toe sodat ek hier in Silo in die teenwoordigheid van die Here ’n verdeling kan maak.”