Joshua 18:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die Leviete het geen deel onder julle nie; want die priesterdom van die HERE is hulle erfdeel; en Gad en Ruben en die helfte van die stam van Manasse het hulle erfdeel ontvang oorkant die Jordaan aan die oostekant, wat Moses, die kneg van die HERE, aan hulle gegee het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Leviete kry nie ’n deel saam met julle nie. Hulle erfporsie is die priesterskap vir die Here. Gad, Ruben en die helfte van Manasse het reeds hulle deel oos van die Jordaan gekry toe Moses, die dienaar van die Here, dit vir hulle gegee het.”
Afrikaans 1933/1953 Want die Leviete het geen aandeel onder julle nie, omdat die priesterskap van die HERE hulle erfdeel is; en Gad en Ruben en die halwe stam van Manasse het hulle erfdeel ontvang oorkant die Jordaan in die ooste, wat Moses, die kneg van die HERE, hulle gegee het.
Afrikaans 1983 Die Leviete kry nie 'n deel saam met julle nie, want hulle besondere voorreg is die priesterskap in diens van die Here. Gad, Ruben en die helfte van Manasse het hulle deel oos van die Jordaan gekry waar Moses, die dienaar van die Here, dit aan hulle toegeken het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar is immers geen deel vir die Leviete onder julle nie, want die priesterskap van die Here is hulle erfenis. Gad, Ruben en die halwe stam van Manasse het hulle erfdeel wat Moses, die dienskneg van die Here, vir hulle gegee het, oorkant die Jordaan, aan die oostekant, ontvang. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Levi-stam kry nie 'n deel van die land saam met julle nie, want hulle deel is om priesters van die Here te wees. En die stamme Gad en Ruben en die halwe Manasse-stam het klaar hulle grond gekry oos van die Jordaan-rivier. Moses, die dienaar van die Here, het daardie grond vir hulle gegee.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Leviete kry nie enige grond nie, want die Here het hulle die voorreg gegee om priesters in sy diens te wees. Wat Gad, Ruben en die halwe Manassestam betref, hulle het reeds hulle gedeelte aan die oostekant van die Jordaan gekry toe Moses die dienaar van die Here nog geleef het.”