Joshua 18:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Julle moet dan die land in sewe dele beskrywe, en die beskrywing hierheen na my toe bring, dat ek hier vir julle die lot kan werp voor die aangesig van die HERE onse God.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle moet met die geskrewe verdeling na my toe kom. Ek sal hier in die teenwoordigheid van die Here ons God met die lot bepaal wie van julle watter deel sal kry.
Afrikaans 1933/1953 Maar julle moet die land in sewe dele beskrywe en die beskrywing hier na my toe bring; dan sal ek vir julle die lot werp, hier voor die aangesig van die HERE onse God.
Afrikaans 1983 “Julle moet 'n beskrywing maak van die sewe dele van die land en dit vir my bring dat ek die loting hier in die teenwoordigheid van die Here ons God kan maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar julle moet die gebied in sewe dele afbaken in julle beskrywing en dit hier na my toe bring. Ek sal vir julle die lot werp hier voor die Here ons God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet opskryf waar elkeen van die sewe dele is en julle moet dit vir my bring, dan sal ek hier lootjies trek voor ons God die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hulle moet vir my die grense van die sewe gedeeltes bring sodat ek die verdeling hier in die teenwoordigheid van die Here ons God kan maak.