Joshua 18:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Josua aan die kinders van Israel: Hoe lank is julle traag om die land in besit te neem wat die HERE, die God van julle vaders, aan julle gegee het?
Afrikaans (NLV) 2011 Josua het vir die Israeliete gevra: “Hoe lank gaan julle nog uitstel voor julle die hele land wat die Here, die God van julle voorouers, aan julle gegee het, in besit neem?
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Josua aan die kinders van Israel: Hoe lank sal julle jul so traag hou om die land in besit te gaan neem wat die HERE, die God van julle vaders, aan julle gegee het?
Afrikaans 1983 Josua het vir die Israeliete gesê: “Hoe lank gaan julle nog talm voor julle die land in besit gaan neem wat die Here die God van julle voorvaders aan julle gegee het?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josua sê toe vir die Israeliete: “Hoe lank nog gaan julle sloer om die land wat die Here, die God van julle voorvaders, vir julle gegee het, in besit te neem?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua het vir die Israeliete gevra: “Hoe lank wil julle nog wag voordat julle die land gaan vat wat die Here, die God van ons voorvaders, vir julle gegee het?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe vra Josua vir die Israeliete: “Hoe lank gaan julle nog wag om die gebied wat die Here, die God van julle voorvaders, vir julle gegee het, julle eie te maak?