Joshua 18:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die grens loop deur na die kant van Bet-Hogla, noordwaarts, en die uitgange van die lyn was by die noordelike baai van die Soutsee, aan die suidpunt van die Jordaan; dit was die suidkus.
Afrikaans (NLV) 2011 noord van die skuinste van Bet-Gogla verby en tot by die noordelike punt van die Dooie See waar die Jordaan inloop. Dit is die suidelike grens van hulle gebied.
Afrikaans 1933/1953 verder loop die lyn oor na die hang van Bet-Hogla in noordelike rigting; dan loop die lyn dood by die noordelike tong van die Soutsee, aan die mond van die Jordaan in die suide; dit is die suidelike lyn;
Afrikaans 1983 noord van die hang van Bet-Gogla verby en loop dood by die noordelike punt van die Soutsee, waar die Jordaan inloop. Dit is die suidelike grens.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en gaan dan na die heuwelrug by Bet-Gogla aan die noordekant. Die verste punt van die grens is by die noordelike tong van die Soutsee, by die monding van die Jordaan in die suide. Dit is die suidelike grens.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna gaan die grens noord tot naby Bet-Gogla, en dit gaan tot teen die noordelike punt van die Sout-see, die Jordaan-rivier vloei daar in die Sout-see. Dit is die suidgrens.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) verby die noordelike hang van Bet-Gogla, totdat dit doodloop by die noordelike punt van die Dooie See waar die Jordaan in dié see invloei.