Joshua 18:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy is uit die noorde getrek en uitgegaan na Ensemes en uitgegaan na Gelilot wat teenoor die opgang van Adummim is, en afgeklim na die klip van Bohan, die seun van Ruben,
Afrikaans (NLV) 2011 Van daar draai dit noordoos en loop na Semesfontein, en deur na Gelilot teenoor die skuinste van Adummim en af tot by die Klip van Bohan (hy was die seun van Ruben).
Afrikaans 1933/1953 verder buig dit noord om en loop aan na die fontein Semes; dan loop dit aan na die klipkrale wat teenoor die hoogte van Adummim lê, en loop af na die klip van Bohan, die seun van Ruben;
Afrikaans 1983 draai noord en loop na Semesfontein toe, aan na Gelilot toe regoor Adummimspas en af tot by die Klip van Bohan seun van Ruben.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit swaai noord weg en strek verder na En-Sjemesj. Dit gaan nog verder na Gelilot, wat teenoor die Adummimhoogte lê. Daarna gaan dit af na die klip van Bohan, seun van Ruben.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar draai die grens noord na Semes-fontein en dan gaan dit na die stad Gelilot naby Adummim-pas en dan af na die Klip van Bohan seun van Ruben.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hier draai die grens weer noord in die rigting van En-Semes totdat dit uitkom by Gelilot, regoor die pas van Adummim. Hiervandaan gaan dit af in die rigting van die gedenkklip van Bohan die seun van Ruben.