Joshua 18:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die grens het afgekom na die einde van die berg wat voor die dal van die seun van Hinnom lê en wat in die dal van die Reuse in die noorde lê, en afgegaan na die dal van Hinnom, na die kant van Jebusi aan die suid, en het afgegaan na Enrogel,
Afrikaans (NLV) 2011 Dit gaan dan af na die voet van die berg regoor die Ben-Hinnomdal, noord van Spooklaagte. Van daar loop die grens onder deur die Hinnomdal oor na die skuinste suid van die Jebusietestad en af na die Rogelfontein toe.
Afrikaans 1933/1953 dan loop die lyn af na die uiteinde van die berg wat teenoor die dal Ben-Hinnom, noordelik in die dal van die Refa‹ete lê; dan loop dit af na die dal Hinnom, na die suidelike hang van die Jebusiete, en loop af na die fontein Rogel;
Afrikaans 1983 en loop dan af na die voet van die berg regoor Ben-Hinnomdal, noord van Spooklaagte. Dan loop die grens met die Hinnomdal af na die hang suid van die Jebusietestad en af na Rogelfontein toe,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna gaan die grens af na die voet van die berg langs die Ben-Hinnomdal, aan die noordekant van die vallei van Refaïm, verder af met die Hinnomdal na die heuwelrug van die Jebusiete in die suide, en dan af na En-Roghel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna gaan die grens tot teen die berg by die Ben-Hinnom-vallei, noord van Spook-laagte, en dan gaan dit in die Ben-Hinnom-vallei langs die Jebusiete-berg verby na Rogel-fontein.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan af na die voet van die berg wat uitkyk oor die vallei van Ben-Hinnom aan die noordekant van die vallei van Refaïm. Van daar af gaan dit af met die Hinnomvallei tot teen die hang suid van die stad van die Jebusiete tot by En-Rogel.