Joshua 18:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die grens is daarvandaan getrek en die hoek van die see omsingel, suidwaarts, van die heuwel af wat voor Bet-Horon lê, suidwaarts; en sy uitgange was by Kirjat-Baäl, dit is Kirjat-Jeárim, 'n stad van die kinders van Juda; dit was die westelike wyk.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan swaai die grens wes al langs die suidelike kant van die heuwel regoor Bet-Goron en loop dood by Kirjat-Baäl (dit is Kirjat-Jearim), ’n stad wat aan Juda behoort. Dit is hulle westelike grens.
Afrikaans 1933/1953 dan buig die lyn om en swaai na die westekant, teen suid, van die gebergte wat suid teenoor Bet-Horon lê; verder loop dit dood by Kirjat-Baäl, dit is Kirjat-Je rim, die stad van die kinders van Juda; dit is die westekant;
Afrikaans 1983 Dan draai die grens en swaai westekant toe suid van die berg regoor Bet-Goron en loop dood by Kirjat-Baäl, dit is Kirjat-Jearim, 'n stad wat aan Juda behoort. Dit is die westelike grens.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan swaai die grens weg en draai aan die westekant suid, weg van die berg wat suid van Bet-Goron lê. Die grens se verste punt is by Kirjat-Baäl, dit is Kirjat-Jearim, 'n dorp van Juda se nageslag. Dit is die grens aan die westekant.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan draai die grens en dit gaan na die westekant, suid van die berg wat naby Bet-Goron is, en dit gaan tot by die stad Kirjat-Baäl. Kirjat-Baäl se ander naam is Kirjat-Jearim, dit behoort aan die mense van Juda. Dit is die wesgrens.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan draai die grens in ’n westelike rigting, suid van die berg reg teenoor Bet-Goron totdat dit doodloop by Kirjat-Baäl, ook bekend as Kirjat-Jearim. Hierdie stad het aan Juda behoort. Dit is die westelike grens.