Joshua 18:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die grens het daarvandaan oorgegaan na Lus, na die kant van Lus, dit is Bet-el, suidwaarts; en die grens loop af na Atarothadar, naby die heuwel wat aan die suidekant van die onderste Bet-Horon lê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarvandaan loop die grens suid van die gebied van Lus (dit is Bet-El) verby, en gaan dan af na Atrot-Addar oor die berg suid van Bet-Goron-Onder. |
| Afrikaans 1933/1953 | en daarvandaan loop die lyn oor na Lus, na die suidelike hang van Lus, dit is Bet-el; verder loop die lyn af na Atrot-Addar, op die gebergte wat suid lê van Bet-Horon-Onder; |
| Afrikaans 1983 | Daarvandaan loop die grens oor na Lus toe, teen die hang suid van Lus, dit is Bet-El, en dan af na Atrot-Addar toe op die berg suid van Bet-Goron-Onder. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van daar gaan die grens verby Lus, dit is Bet-El, na die heuwelrug van Lus aan die suidekant. Die grens loop dan af na Atrot-Addar langs die berg wat suid van Bet-Goron-Onder lê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Van daar gaan die grens na die stad Lus, na Bet-El suid van Lus, en dan af na die stad Atrot-Addar op die berg suid van die stad Bet-Goron-Onder. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van daar af loop die grens suid na Lus toe (ook bekend as Bet-El) en dan af na Atrot-Addar toe op die berg suid van Bet-Goron-Onder. |