Joshua 18:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle grens aan die noordekant was van die Jordaan af; en die lyn loop op na die kant van Jérigo aan die noordekant en loop op deur die berge na die weste; en sy uitgange was in die wildernis van Bet-Aven.
Afrikaans (NLV) 2011 Aan die noordekant begin hulle grens by die Jordaan, loop dan teen die skuinste noord van Jerigo verby, gaan weswaarts teen die berge uit en loop deur die woestyn van Bet-Awen.
Afrikaans 1933/1953 en hulle lyn aan die noordekant was: van die Jordaan af; dan loop die lyn op na die noordelike hang van J,rigo, en dit loop op in die gebergte in westelike rigting en loop dood by die woestyn van Bet-Awen;
Afrikaans 1983 Aan die noordekant begin hulle grens by die Jordaan en dit loop dan op teen die hang noord van Jerigo, teen die berge uit weswaarts en dan loop dit tot teen die woestyn van Bet-Awen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle grens aan die noordekant begin by die Jordaan. Die grens loop op na die heuwelrug noord van Jerigo, en dan loop dit weswaarts op in die bergland, met sy verste punt in die woestyn by Bet-Awen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die noordgrens begin by die Jordaan-rivier en dan gaan dit noord van die stad Jerigo op teen die berge na die westekant en dit gaan tot in die woestyn van Bet-Awen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle noordelike grens het by die Jordaan begin en loop dan al met die hang noord van Jerigo langs. Dan draai dit weswaarts oor die bergagtige gebied tot in die Bet-Awenwoestyn.