Joshua 18:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die lot van die stam van die kinders van Benjamin het opgekom volgens hulle geslagte, en die gebied van hulle lot het uitgekom tussen die kinders van Juda en die kinders van Josef.
Afrikaans (NLV) 2011 Die lot het bepaal dat die families van die stam Benjamin die gebied tussen dié van Juda en Josef moet kry.
Afrikaans 1933/1953 En die lot het opgekom van die stam van die kinders van Benjamin volgens hulle geslagte; en die gebied wat vir hulle deur die lot aangewys is, het uitgekom tussen die kinders van Juda en die kinders van Josef;
Afrikaans 1983 Aan die families in die stam Benjamin is deur loting 'n gebied toegeken tussen dié van Juda en Josef.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die lot is getrek vir die stam van Benjamin se nageslag ooreenkomstig hulle familiegroepe. Die gebied wat deur loting vir hulle aangewys is, was tussen dié van die nageslag van Juda en dié van die nageslag van Josef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Josua die eerste lootjie trek, het die Benjamin-stam hulle grond gekry tussen die grond van die mense van Juda en die grond van die nageslag van Josef.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die eerste stam aan wie ’n gedeelte van die grond toegeken is, was dié van Benjamin. Dit was die gebied tussen die gedeeltes van Juda en Josef.