Joshua 18:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josua het vir hulle die lot gewerp in Silo voor die aangesig van die HERE, en daar het Josua die land onder die kinders van Israel verdeel volgens hulle afdelings.
Afrikaans (NLV) 2011 Josua het toe die lot voor die Here daar in Silo gewerp en die land tussen die Israelitiese stamme verdeel.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Josua vir hulle die lot gewerp in Silo, voor die aangesig van die HERE; en Josua het die land daar onder die kinders van Israel verdeel volgens hulle afdelings.
Afrikaans 1983 Josua het toe die loting daar in Silo in die teenwoordigheid van die Here gedoen en die land tussen die Israelitiese stamme verdeel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josua het vir hulle in Silo voor die Here die lot gewerp. Daar het Josua die land vir die Israeliete verdeel ooreenkomstig hulle indeling in stamme.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua het toe in die tempel by Silo die lootjies getrek en hy het die land verdeel tussen die stamme van die Israeliete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar het Josua toe die land onder die oorblywende stamme, in die teenwoordigheid van die Here, verdeel.