Joshua 17:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die kuslyn het afgegaan na die rivier Kana, suid van die rivier; hierdie stede van Efraim is onder die stede van Manasse; ook die kus van Manasse was aan die noordekant van die rivier, en sy uitgange was by die see;
Afrikaans (NLV) 2011 Van daar af loop die grens noordwaarts langs die Kanaspruit. Suid van die spruit lê dorpe tussen dié van Manasse wat aan Efraim behoort. Manasse se grens is noord van die spruit en dit loop dood teen die Middellandse See.
Afrikaans 1933/1953 verder loop die lyn af na die spruit Kana, suid van die spruit: daardie stede, onder die stede van Manasse, behoort aan Efraim; en die lyn van Manasse is noord van die spruit en loop dood by die see.
Afrikaans 1983 Van Tappuag af loop die grens af na Kanaspruit toe. Suid van die spruit lê stede van Efraim tussen dié van Manasse. Manasse se grens is noord van die spruit en dit loop dood aan die see.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die grens loop dan af met die spruit by Kana, suidwaarts met die spruit. Daar is dorpe wat aan Efraim behoort tussen die dorpe van Manasse, maar die gebied van Manasse lê noord van die spruit, en die verste punt daarvan is by die see.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die grond van die Manasse-stam gaan tot teen die Kana-vallei. Die grens is noord van die vallei tot teen die see. Suid van die vallei is daar stede van Efraim, hierdie stede was tussen die stede wat aan Manasse behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van daar af loop die grens af na die spruit Kana toe. Die stede aan die suidekant van die rivier het egter aan Efraim behoort, alhoewel hulle in die gebied van Manasse geval het. Manasse se grens het die noordelike oewer van dié spruit in ’n westelike rigting gevolg tot waar dit in die Middellandse See uitgemond het.