Joshua 17:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die gebied van Manasse was van Aser af tot by Migmeta wat voor Sigem lê; en die lyn loop aan die regterkant na die inwoners van Entappuag.
Afrikaans (NLV) 2011 Manasse se gebied was van Aser af tot by Mikmetat oos van Sigem, daarvandaan suid na die mense wat by die fontein van En-Tappuag gewoon het.
Afrikaans 1933/1953 En die lyn van Manasse was: van Aser af na M¡gmetat, teenoor Sigem; dan loop die lyn regs na die inwoners van En-Tappuag --
Afrikaans 1983 Die gebied van Manasse strek van Aser af tot by Mikmetat regoor Sigem, en die grens loop daarvandaan suid en sluit die inwoners van En-Tappuag in.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die grens van Manasse was van Aser tot Migmetat, wat teenoor Sigem lê. Dan loop die grens na regs, na die inwoners van En-Tappuag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die grond van die Manasse-stam begin langs die grond van die Aser-stam en gaan tot by die stad Mikmetat, oos van die stad Sigem, en dan suid tot by die mense wat in die stad En-Tappuag woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Manasse se gebied strek van Aser af tot by Mikmetat, oos van Sigem. Van daar af loop die grens suid en sluit ook die gebied in waar die mense van En-Tappuag gebly het.