Joshua 17:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Selofhad, die seun van Hefer, die seun van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse, het geen seuns gehad nie, maar dogters; en dit is die name van sy dogters: Magla en Noag, Hogla, Milka en Tirsa. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Selofgad, die seun van Gefer, seun van Gilead, seun van Makir, seun van Manasse, het nie seuns gehad nie. Hy het net vyf dogters gehad. Hulle name was: Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Selofhad, die seun van Hefer, die seun van G¡lead, die seun van Magir, die seun van Manasse, het nie seuns gehad nie, maar net dogters; en dit is die name van sy dogters: Magla en Noa, Hogla, Milka en Tirsa; |
| Afrikaans 1983 | Selofgad seun van Gefer, seun van Gilead, seun van Makir, seun van Manasse, het nie seuns gehad nie, net dogters. Hier is hulle name: Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Selofgad, seun van Gefer, seun van Gilead, seun van Magir, seun van Manasse, het nie seuns gehad nie, slegs dogters. Dit was die name van sy dogters: Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Selofgad seun van Gefer seun van Gilead seun van Makir seun van Manasse het nie seuns gehad nie, hy het net dogters gehad. Hulle name was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Selofgad het nie seuns gehad nie, maar wel vyf dogters: Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. Selofgad se voorouers se name was Gefer, Gilead, Manasse en Makir. |