Joshua 17:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar was ook baie vir die ander kinders van Manasse volgens hulle geslagte; vir die kinders van Abiëser en vir die kinders van Helek en vir die kinders van Asriël en vir die kinders van Sigem en vir die kinders van Hefer en vir die kinders van Semida: dit was die seuns van Manasse, die seun van Josef volgens hulle families. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Grond wes van die Jordaan is ook gegee vir die oorblywende families van die stam Manasse. Hulle was Abiëser, Gelek, Asriël, Sekem, Gefer en Semida. Hulle was die families van die ander manlike afstammelinge van Manasse, die seun van Josef. |
| Afrikaans 1933/1953 | ook die ander kinders van Manasse, volgens hulle geslagte, het 'n aandeel ontvang: die kinders van Abiëser en die kinders van Helek en die kinders van Asriël en die kinders van Segem en die kinders van Hefer en die kinders van Sem¡da; dit is die manlike kinders van Manasse, die seun van Josef, volgens hulle geslagte. |
| Afrikaans 1983 | Die toekenning was vir die oorblywende families in die stam Manasse, dié van Abiëser, Gelek, Asriël, Sekem, Gefer en Semida. Dit was die families van die ander manlike afstammelinge van Manasse seun van Josef. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Aan die ander nakomelinge van Manasse is daar toe vir hulle familiegroepe grond toegewys: aan die nageslag van Abiëser, die nageslag van Gelek, die nageslag van Asriël, die nageslag van Segem, die nageslag van Gefer en aan die nageslag van Semida. Dit was bedoel vir hulle familiegroepe, die manlike nakomelinge van Manasse, die seun van Josef. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die ander families in die Manasse-stam het ook grond gekry. Dit was die families van die mans in die nageslag van Manasse seun van Josef. Die families was Abiëser, Gelek, Asriël, Sekem, Gefer en Semida. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die res van die families van die Manassestam, Abiëser, Gelek, Asriël, Sekem, Gefer en Semida, het nou hulle deel ontvang. Hulle was almal manlike afstammelinge van Manasse en familiehoofde. |