Joshua 17:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die berg sal joue wees; want dit is 'n hout, en jy moet dit afkap; en die uitgange daarvan sal joue wees; want jy sal die Kanaäniete verdryf, al het hulle ysterwaens en al is hulle sterk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle kan die beboste heuwelgebied ook kry. Maak dit skoon sodat julle daar kan woon. Die Kanaäniete het wel ysterstrydwaens en hulle is sterk. Julle is egter sterk genoeg om hulle uit te dryf.” |
| Afrikaans 1933/1953 | want die gebergte sal joue wees -- 'n boswêreld is dit naamlik, en jy moet dit skoonkap; dan sal die uitlopers daarvan joue wees; want jy moet die Kanaäniet verdrywe, al het hy ysterwaens, al is hy sterk. |
| Afrikaans 1983 | Die Bergland is julle s'n. Dit is bebos, maar julle kan dit skoonmaak en dit ten volle benut. Die Kanaäniete het wel ysterstrydwaens en hulle is sterk, maar julle sal hulle uitdryf.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar die bergland sal aan julle behoort, al is dit bebos. Maak dit skoon en dan sal die voetheuwels ook aan julle behoort; want julle sal die Kanaäniete verdryf, al het hulle ysterstrydwaens, al is hulle sterk.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar julle moet ook die berge kry wat vol bosse is. Julle moet die bosse uitkap en julle moet die grond skoonmaak sodat julle die hele bergland kan kry. Die Kanaäniete het oorlogkarre en hulle leër is sterk, maar julle sal hulle oorwin en wegjaag en julle sal hulle stede vat.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die bosdele van die bergagtige gebied behoort ook aan julle. Ontbos soveel daarvan as wat julle wil en gaan woon daar. Wat die Kanaäniete betref, ek weet hulle is sterk en hulle het ysterstrydwaens, maar ek is seker dat julle sterk genoeg is om hulle uit die gebied uit te verdryf.” |