Joshua 17:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die kinders van Josef het gesê: Die heuwel is nie genoeg vir ons nie; en al die Kanaäniete wat in die land van die dal woon, het ysterwaens, die wat van Betsean en sy stede is, en die wat uit die dal van die dal is. Jisreël.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het vir Josua gesê: “Die heuwels is nie groot genoeg vir ons nie. Al die Kanaäniete wat in die vallei woon en in die gebied rondom Bet-San en op die Jisreëlvlakte is sterker as ons, want hulle het ysterstrydwaens.”
Afrikaans 1933/1953 Maar die kinders van Josef het gesê: Die gebergte sal nie vir ons genoeg wees nie, en al die Kanaäniete wat in die lae streke woon, het ysterwaens, die van Bet-Sean met sy onderhorige plekke sowel as die van die laagte van J¡sreël.
Afrikaans 1983 Hulle het vir Josua gesê: “Die Bergland is nie groot genoeg vir ons nie, en al die Kanaäniete wat in die laagte woon, het ysterstrydwaens, dié in Bet-San en sy buiteposte, en dié in die Jisreëlvlakte.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die nakomelinge van Josef sê toe: “Die bergland is nie vir ons voldoende nie, en al die Kanaäniete wat in die valleigebiede woon, het ysterstrydwaens – dié in Bet-San en sy omliggende dorpies, en dié in die Jisreëlvallei.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Josef-stamme het toe gesê: “Die berge is nie genoeg vir ons nie, en al die Kanaäniete wat in die vallei woon, het oorlogkarre van yster, die Kanaäniete wat woon in die stad Bet-San en die dorpies daar naby, en in die Jisreël-vallei.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die bergagtige gebied is beslis te klein vir ons,” het hulle geantwoord, “maar die probleem is dat die Kanaäniete wat in die vlaktes bly, almal ysterstrydwaens het waarmee hulle oorlog maak. Dit geld nie net die Kanaäniete wat in Bet-San en die omringende dorpies bly nie, maar ook dié wat op die Jisreëlvlakte bly.”