Joshua 17:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Josua antwoord hulle: As jy 'n groot volk is, gaan dan op na die bosveld en kap vir jou daar af in die land van die Feresiete en van die Reuse, as die berg Efraim vir jou te smal is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josua het vir hulle gesê: “As julle dan te veel is vir die grond in Efraim, gaan op na die gebied van die Feresiete en die Refaïete en gaan kap vir julle daar ’n plek oop in die bosse.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Josua het vir hulle gesê: As jy 'n groot volk is, trek dan op na die boswêreld en kap vir jou daar 'n plek skoon in die land van die Feresiete en Refa‹ete, ingeval die gebergte van Efraim vir jou te nou is. |
| Afrikaans 1983 | Josua het vir hulle gesê: “Julle is baie. Gaan maak vir julle 'n stuk boswêreld skoon in die gebied van die Feresiete en die Refaïete. Die Efraimsberge is te klein vir julle.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josua het vir hulle gesê: “As julle dan so 'n groot volk is, gaan self op na die beboste gebied en maak self vir julle daar in die land van die Feresiete en die Refaïete 'n gebied skoon, as die heuwelland van Efraim dan vir julle te nou is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josua het vir hulle gesê: “As julle so baie mense is en as die Efraim-berge nie genoeg is vir julle nie, dan moet julle die bosse gaan uitkap en vir julle grond skoonmaak in die land van die Feresiete en Refaïete.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wel,” sê Josua toe vir hulle, “as die bergagtige gebied van Efraim te klein is vir julle, is daar niks wat julle verhinder om die beboste gebiede van die Feresiete en die Refaïete vir julleself in te neem, dit te ontbos en daar te gaan bly nie.” |