Joshua 17:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die kinders van Josef het met Josua gespreek en gesê: Waarom het jy my net een lot en een deel gegee om te erf, aangesien ek 'n groot volk is, omdat die HERE my tot dusver geseën het?
Afrikaans (NLV) 2011 Die afstammelinge van Josef het vir Josua gaan vra: “Waarom loot u vir ons net een stuk grond? Ons is baie mense, want die Here het ons met baie mense geseën.”
Afrikaans 1933/1953 Toe het die kinders van Josef met Josua gespreek en gesê: Waarom het u my as erfdeel net een lot en een aandeel gegee terwyl ek tog 'n groot volk is, omdat die HERE my tot hiertoe geseënhet?
Afrikaans 1983 Die nakomelinge van Josef het met Josua gaan praat: “Waarom loot u vir ons net een keer en gee u ons net een deel? Ons is baie mense, want die Here het ons besonderlik geseën.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die nakomelinge van Josef het met Josua gepraat en gesê: “Waarom gee u vir ons met een keer se loting net een deel as erfdeel, terwyl ons 'n groot volk is en die Here ons tot nou toe geseën het?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Josef-stamme het vir Josua gevra: “Hoekom het jy vir ons net een deel van die land gegee om aan ons te behoort? Ons is baie mense, want die Here het ons baie geseën.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die afstammelinge van Josef het ook met Josua gaan praat en vir hom gesê: “Hoekom het jy vir ons net een deel van die hele land gegee om in te bly? Besef jy nie dat die Here ons geseën het en dat ons ’n baie groot groep mense is nie?”