Joshua 17:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar toe die kinders van Israel sterk geword het, het hulle die Kanaäniete belasting opgelê; maar het hulle nie heeltemal verdryf nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die Israeliete later sterker geword het, het hulle die Kanaäniete gedwing om vir hulle te werk. Hulle kon egter nooit die dorpe inneem nie.
Afrikaans 1933/1953 En toe die kinders van Israel sterker geword het, het hulle die Kanaäniete dienspligtig gemaak, maar hulle nie geheel en al verdrywe nie.
Afrikaans 1983 Toe die Israeliete sterker geword het, het hulle die Kanaäniete dwangarbeid laat doen, maar nie die stede ingeneem nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die Israeliete sterker geword het, het hulle die Kanaäniete dwangarbeid laat doen, maar hulle het hulle nie heeltemal verdryf nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die Israeliete baie geword het, het hulle die Kanaäniete gedwing om vir hulle te werk, maar hulle kon nie die Kanaäniete oorwin en wegjaag en die stede vir hulleself vat nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Later, toe die Israeliete sterker geword het, het hulle die Kanaäniete toegelaat om steeds in hierdie stede te bly, maar hulle verplig om as dwangarbeiders vir hulle te werk.