Joshua 17:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Manasse het in Issaskar en in Aser, Betsean en sy onderhorige plekke, en Ibleam en sy onderhorige plekke, en die inwoners van Dor en sy onderhorige plekke, en die inwoners van Endor en sy onderhorige plekke, en die inwoners van Taänag en sy onderhorige plekke en die inwoners van Megiddo en haar dorpe, selfs drie lande. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volgende dorpe in die gebiede van Issaskar en Aser is vir Manasse gegee: Bet-San, Jibleam, Dor op die bergrug, En-Dor, Taänak en Megiddo met hulle dorpies rondom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En aan Manasse behoort in Issaskar en Aser: Bet-Sean met sy onderhorige plekke en J¡bleam met sy onderhorige plekke en die inwoners van Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van En-Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van T änag met sy onderhorige plekke en die inwoners van Meg¡ddo met sy onderhorige plekke, die drie hoogtes. |
| Afrikaans 1983 | In Issaskar en Aser self het Bet-San, Jibleam, Dor op die bergrug, En-Dor, Taänak en Megiddo met hulle buitedorpe ook nog aan Manasse behoort. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die gebied van Issaskar en Aser het Bet-San met sy omliggende dorpies, Jibleam met sy omliggende dorpies, die inwoners van Dor en die omliggende dorpies, die inwoners van En-Dor en die omliggende dorpies, die inwoners van Taänag en die omliggende dorpies, en die inwoners van Megiddo en die omliggende dorpies op drie van die heuwels aan Manasse behoort. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar op die grond wat aan Issaskar en Aser behoort het, was daar stede wat aan Manasse behoort het. Die stede was Bet-San, Jibleam, Dor, En-Dor, Taänak en Megiddo, en die dorpies naby die stede. Die dorpies is op drie heuwels. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Manasse het ook ’n paar dorpe met hulle omliggende dorpe in die gebiede van Issaskar en Aser besit: Bet-San, Jibleam, Dor, Endor, Taänak en Megiddo. |