Joshua 17:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Suidwaarts was dit van Efraim, en noordwaarts het dit aan Manasse, en die see is sy grens; en hulle het bymekaargekom in Aser aan die noordekant en in Issaskar aan die oostekant. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die deel aan die suidekant van die spruit het dus aan Efraim behoort en dié aan die noordekant aan Manasse. Manasse se gebied loop tot teen die Middellandse See. Die gebied noord van Manasse het aan Aser behoort en die gebied oos van Manasse aan Issaskar. |
| Afrikaans 1933/1953 | Suid behoort dit aan Efraim, maar noord aan Manasse; en die see is sy lyn; dan raak hulle in die noorde aan Aser en in die ooste aan Issaskar. |
| Afrikaans 1983 | Efraim was aan die suidekant en Manasse aan die noordekant. Die gebied van Manasse loop tot teen die see, en grens noord aan Aser en oos aan Issaskar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die gebied aan die suidekant behoort aan Efraim, en aan die noordekant aan Manasse, met die see as sy grens. Dit grens aan Aser in die noorde en aan Issaskar in die ooste. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Efraim se grond was suid van die vallei en Manasse se grond was noord. Manasse se grond gaan tot by die see, en noord van sy grond is die grond van die Aser-stam, en oos is die grond van die Issaskar-stam. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die gebied aan die suidekant van die kloof het aan Efraim behoort en die gebied noord daarvan aan Manasse, met die Middellandse See as die wesgrens. In die noordweste het Manasse aan Aser gegrens en in die noordooste aan Issaskar. |