Joshua 17:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar was ook baie vir die stam van Manasse; want hy was die eersgeborene van Josef; te wete, vir Magir, die eersgeborene van Manasse, die vader van Gílead; omdat hy 'n krygsman was, daarom het hy Gílead en Basan gehad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar is ook met die lot vir die stam Manasse ’n gebied toegeken. Manasse was Josef se oudste seun. Makir was weer Manasse se oudste seun. Sy seun was weer Gilead. Makir was ’n goeie soldaat. Hy het Gilead en Basan ontvang. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder was d¡t die lot vir die stam van Manasse, omdat hy die eersgeborene van Josef was: Magir, die eersgeborene van Manasse, die vader van G¡lead, het, omdat hy 'n krygsman was, G¡lead en Basan ontvang; |
| Afrikaans 1983 | Daar is ook aan die stam Manasse 'n gebied deur loting toegeken. Manasse was Josef se oudste seun, en die toekenning is gemaak aan Manasse se oudste seun Makir die voorvader van Gilead. Hy was 'n krygsman en het Gilead en Basan ontvang. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is die gebied wat deur loting aan die stam van Manasse toegewys is; hy was immers die eersgeborene van Josef. Aan Magir, eersgeborene van Manasse en vader van Gilead, is Gilead en Basan toegewys, omdat hy 'n krygsman was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het lootjies getrek om vir die Manasse-stam grond te gee, want Manasse was Josef se oudste seun. Makir was Manasse se oudste seun, hy was die pa van Gilead. Makir het die land Gilead en die land Basan gekry, want hy was 'n man wat kon oorlog maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die ander helfte van die stam van Manasse het toe hulle erfdeel gekry. Manasse was immers Josef se oudste seun. Makir, Manasse se oudste seun, die pa van Gilead, was ’n goeie soldaat en hy het reeds die gebiede van Gilead en Basan aan die oostekant van die Jordaan gekry. |