Joshua 16:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die afsonderlike stede vir die kinders van Efraim was onder die erfdeel van die kinders van Manasse, al die stede met hulle dorpe.
Afrikaans (NLV) 2011 Efraim het ook dorpe met hulle omringende gehuggies binne die grondgebied van die halwe stam van Manasse gekry.
Afrikaans 1933/1953 en die stede wat vir die kinders van Efraim afgesonder was in die erfdeel van die kinders van Manasse, al die stede met hulle dorpe.
Afrikaans 1983 Daarby het gekom al die stede en buiteposte wat aan die Efraimiete toegeken is binne-in die grondgebied van Manasse.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar was dorpe wat uitgehou is vir die nageslag van Efraim binne die erfdeel van die nageslag van Manasse – al die dorpe saam met hulle gehuggies.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Efraim-mense het ook stede gekry op die grond van die Manasse-mense, hulle het die stede en die dorpies daar naby gekry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het ook ’n aantal dorpe en stede binne die grondgebied van Manasse gekry.